# Krieket: Mominul Haque en Liton Das het Bangladesj verseker van ‘n historiese eerstebeurt-voorsrong oor Nieu-Seeland in die eerste toets in Mount Maunganui. Albei kolwers is daarna in ‘n dramatiese laaste sessie van die dag, deur die Swartpette se Trent Boult uitgehaal. Teen uitskeityd op die derde dag het Bangladesj 401 vir ses gehad wat ‘n voorsprong van 73 lopies is met nog 4 paaltjies staande. Mominul is vir 88 uitgehaal en Das vir 86. Boult met ‘n boulontleding van drie vir 61, is goed bygestaan deur die Suid-Afrikaans-gebore Neil Wagner wat drie paaltjies vir 98 lopies gekry het.