# Krieket: Australië het Nieu-Seeland in Dubai met agt paaltjies verslaan en sy eerste T20 Wêreldbeker-titel ingepalm. Die Swartpette het 172 vir vier in hul 20 boulbeurte aangeteken met kaptein Kane Williamson wat 85 lopies van 48 balle aangeteken het. Josh Hazlewood het drie paaltjies platgetrek. In antwoord hierop het David Warner en Mitchell Marsh ‘n vennootskap van 92 lopies om die tweede paaltjie aangeteken, wat die weg gebaan het vir Australië se oorwinning. Die Australiese kolwer Steve Smith sê hulle het lank en hard gewerk en dit is ‘n eer om die trofee huis toe te neem.