# Krieket: Australië loop met 2-1 voor in die reeks van vyf toetse teen Indië nadat hulle die vierde toets in Melbourne met 184 lopies gewen het. Indië het sy laaste sewe paaltjies vir net 34 lopies verloor op die laaste middag op die MCG. Kaptein Pat Cummins en Scott Boland het elkeen drie paaltjies laat kantel en Yashasvi Jaiswal se 84 was die hoogste telling vir die besoekers. Indië moet nou die laaste toets wen wat Vrydag op die SCG in Sydney begin om die reeks te red en die Border-Gavaskar-trofee te behou.
Krieket: Australië klop Indië in Melbourne en loop 2-1 voor in toetsreeks