# Krieket: Australië is weer onderweg na ‘n goeie telling in sy eerste beurt van die vierde toets om die As teen Engeland op die SCG in Sydney. Teen middagete op die tweede dag was onderkaptein Steven Smith onoorwonne op 51 en Usman Khawaja op 39, met die telling op 209 vir drie. Die Suid-Afrikaans-gebore Marnus Labuschagne het vroeër op 28 sy paaltjie verloor terwyl David Warner en Marcus Harris onderskeidelik op 30 en 38 moes terugkeer na die pawiljoen. Australië het reeds die reeks beklink deur die eerste drie toetse te wen.