# Krieket: AB de Villiers het sy uittrede uit alle vorme van die sport aangekondig. Hy sê in ‘n verklaring sedert sy en sy ouer broers se wedstryde in hulle agterplaas, het hy krieket net met vreugde en ongebreidelde geesdrif gespeel. De Villiers sê hy is nou 37 en die vlam brand nie meer so helder nie. Hy voeg by dat krieket buitengewoon goed was vir hom, of hy vir die Titans, die Proteas, of die Royal Challengers Bangalore in die Indiese Premierliga gespeel het.