Skip to content

Krag word afgesny by Charlotte Maxeke weens wanbetaling

# Die Charlotte Maxeke Johannesburgse Akademiese Hospitaal is in ‘n kragkrisis gedompel nadat Johannesburg City Power vandag die krag ontkoppel het weens wanbetaling. Jack Bloom van die DA sê daar is werkende kragopwekkers maar nie genoeg nie en dienste word beperk tot noodoperasies. Bloom beskryf die situasie as skandelik. Hy kritiseer die Gautengse Gesondheidsdepartement se versuim om rekeninge te vereffen en beklemtoon hospitale is ‘n noodsaaklike diens, en behoort nie te worstel met krag wat afgesny is nie. Bloom vra ‘n dringende oplossing om pasiëntesorg en veiligheid te beskerm.