Skip to content

Koste om beide analoog- en digitale TV-seine te bedryf, bedreig die sperdatum vir migrasie

# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, waarsku die koste van die gelyktydige bedryf van sowel analoog- as digitale TV-seine bedreig die sperdatum van 31 Desember vir digitale migrasie. Die regering het volgens SABC News sedert 2014 1,23-miljard-rand aan die dubbele diens bestee, maar geen bykomende befondsing is vanjaar beskikbaar nie. Malatsi beklemtoon Sentech en die Universele Diens- en Toegangsagentskap het nie meer hulpbronne toegewys nie en sonder finansiële voorsiening sal ‘n verlenging van die sperdatum verdere besprekings oor finansiering noodsaak.