Skip to content

Korrektiewe Dienste bevestig Oscar Pistorius is nou ‘n paroolganger [KLANK]

# Die Departement van Korrektiewe Dienste het bevestig die veroordeelde moordenaar, Oscar Pistorius, is nou tuis nadat hy vanoggend amptelik op parool vrygelaat is. Die 37-jarige voormalige Paralimpiese kampioen wat in 2013 skuldig bevind is aan die moord op sy meisie, Riva Steenkamp, is in November parool toegestaan. Hy is vrygelaat in die sorg van sy oom, Arnold Pistorius, wat in Waterkloof, Pretoria, woon. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê Pistorius het reeds agt jaar van sy vonnis van 13-jaar en 8-maande uitgedien en sal op parool tot sy vonnis verstryk:

ENG NxumaloOnPistoriusHome