# Die Departement van Korrektiewe Dienste het vandag die paroolplasing van die voormalige voorsitter van die ANC in die Noord-Kaap, John Block, aangekondig. Dit is onmiddellik van krag. Block is in 2016 tot 15-jaar tronkstraf gevonnis vir korrupsie en geldwassery. Sy deelname aan korrektiewe programme en die werwing van ‘n diploma in Sakebestuur het deel van die besluit gevorm. Block het baat gevind by spesiale kwytskeldings wat sy vrystellingsdatum bevorder het. Die departement se woordvoerder, Singabakho Nxumalo, sê verslae van spesialiste is ingedien oor die gevangene se gereedheid vir herintegrasie:
Korrektiewe Dienste bevestig John Block se parool [KLANK]