# Die Padverkeersbestuurskorporasie het Suid-Afrikaanse bestuurders aangemoedig om hul voertuiglisensies voor die einde van die jaar te hernu. Meer as 600-duisend lisensies sal in November verval en ‘n verdere een-miljoen teen einde Desember. Aanmanings is aan geregistreerde motoriste gestuur, saam met hernuwingsvorms om die proses te vereenvoudig. Die korporasie het gewaarsku oor vertragings en sê verhoogde toepassing tydens die feestyd sal veroorsaak dat motoriste wat dit nie gedoen het nie, beboet sal word. Die hernuwing word aangemoedig om die onderbreking van vakansiereise te vermy.
Korporasie versoek bestuurders om lisensies voor einde van die jaar te hernu