Skip to content

Kontrakteur aangestel om Leratong Hospitaal se teaterplafon te vervang [KLANK]

# Die Gautengse Departement van Gesondheid sê ‘n kontrakteur is aangestel om die plafon by die Leratong-hospitaal se teaterkompleks te vervang. ’n Gedeelte van die plafon in die ontvangsarea het Maandag onverwags ineengestort. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die hospitaal het  onmiddellik gebeurlikheidsmaatreëls ge-implementeer om ononderbroke pasiëntsorg te verseker. Hy sê ‘n bepaling is gedoen van die omvang van die skade in die betrokke gedeelte en hulle het toe besluit om die teaterkompleks tydelik te sluit: