# Die kontant-arm Amahlathi plaaslike munisipaliteit in die Oos-Kaap het die munisipale vakbond Samwu meer tyd gevra om geld in te samel om werkers se verjaardagbonusse te betaal soos hulle kontrakte bepaal. Die owerheid het 6,7-miljoen-rand nodig om 295 werkers se bonusse te betaal. Die munisipaliteit sê hy kan nie die bonusse bekostig saam met die maandelikse salarisrekening van 11-miljoen-rand nie, maar onderhandel vir ‘n oplossing.