Skip to content

Konsortium en NMU kry befondsing vir studie oor groen waterstof

# Nelson Mandela-universiteit en die raadgewende firma Ikigai Group het befondsing van die Britse regering ontvang vir Suid-Afrika en Brittanje se gesamentlike program oor versnelde klimaats-oorgang. Die geld sal gebruik word om die lewensvatbaarheid te ondersoek vir die uitvoer van groen waterstof van die Oos-Kaap na wêreldmarkte, insluitend Brittanje, Europa en Japan. Die vise-kanselier, professor Sibongile Muthwa, sê die Oos-Kaap beskik oor talle hernubare bronne, wat die ontwikkeling van groen waterstof moontlik maak.