# Koning Charles het ‘n voormalige hospitaalkapel gekies vir sy jaarlikse Kersboodskap. Dis deur Sky News by die Fitzrovia-kapel in sentraal-Londen opgeneem. Die klein geboutjie was oorspronklik bedoel vir personeel en pasiënte van die Middlesex-hospitaal wat sedertdien gesloop is. Paleisbronne sê die koning se boodskap sal fokus op gesondheidsorgwerkers se pogings ná sy kankerdiagnose, en gemeenskapsamehorigheid in die nasleep van die Southport-onluste. Sy voorwaardes vir die mees geskikte plek was gekoppel aan gesondheid, ‘n ruimte wat die hele gemeenskap kan gebruik en ‘n perseel wat geestelike vertroosting insluit.
Koning Charles kies voormalige hospitaalkapel vir jaarlikse Kersboodskap