Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Komitee aangestel om verspreiding van bek-en-klouseer in Humansdorp te keer

# Die Kouga-munisipaliteit in die Oos-Kaap het ʼn gesamentlike bedryfskomitee aangestel nadat bek-en-klouseer in die streek uitgebreek het. Die siekte is op ʼn plaas naby Humansdorp opgemerk. Dit word as ʼn gekategoriseerde, staatsbeheerde siekte beskou omdat dit ekonomiese verliese kan veroorsaak en boerderybedrywighede ontwrig. Die munisipaliteit se woordvoerder, Christa Venter, sê die komitee stel maatreëls in om die siekte se verspreiding te voorkom. Dit sluit in dat plase goeie bio-sekerheid toepas.