# Die South African Boycott, Divestment, and Sanctions Coalition sê kollegas in Gaza sit nou sonder kos en noodsaaklike medikasie en word deur hongersnood bedreig. Die koalisie veroordeel Israel se optrede en beweer hulle het gisteraand drie groot hospitale gebombardeer en die produksie van brood gestaak. Daar is 2,5 miljoen Palestyne in gevaar en die koalisie eis daar moet dringend ‘n wapenstilstand, massa humanitêre hulp en vervolging deur die Internasionale Strafhof vir volksmoord plaasvind, want om hongersnood in te span is ‘n oorlogsmisdaad onder internasionale reg. Hulle vra vir internasionale sanksies en ‘n wapenverbod teen Israel.
Koalisie maak alarm aangesien Gaza-kollegas se kos en medikasie opraak