# ‘n Koalisie van vakbonde, maatskaplike bewegings en progressiewe groepe beplan om môre na die Parlementsgebou in Kaapstad op te ruk. Hulle sal betoog teen die regering se begrotingsbesnoeiings wat deel vorm van die Mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring. Die versetoptrede, wat om 10-uur in Hanoverstraat begin, het ten doel om kwessies rondom verminderde maatskaplike besteding en die uitwerking op werkersklas-gesinne uit te lig. Sleutelsprekers sluit in die president van Cosatu, Zingiswa Losi, Saftu se hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, en aktivis Allan Boesak. Organiseerders eis die regering moet begrotingsbesnoeiings omkeer, belê in openbare dienste en voorkeur gee aan armoedeverligting.
Koalisie gaan betoog teen staats-begrotingsbesnoeiings voor die Parlementsgebou