# Navorsers waarsku klimaatsgevare kan korporatiewe verdienste teen 2035 jaarliks met sewe-persent verminder. ‘n Verslag deur die Wêreld Ekonomiese Forum moedig ondernemings aan om hierdie gevare met ontkoling en veerkragtigheidstrategieë aan te spreek. Die verslag toon dat sektore soos energie en telekommunikasie toenemend kwesbaar is. Groen markte sal egter na verwagting teen 2030 tot 248-duisend-miljard-rand groei, wat aansienlike geleenthede sal bied vir vroeë volhoubare oplossings. Die Wêreld Ekonomiese Forum beklemtoon optrede om ekonomiese en omgewingsbestendigheid te verseker.
Klimaatsgevare kan korporatiewe verdienste teen 2035 met 7% verminder