# Die soektog na die driejarige Mike Fereva duur voort nadat hy by sy gesinshuis in Mutale, Limpopo, verdwyn het. ‘n Polisiewoordvoerder, Mienkie Ramakgoakgoa, sê die kind was verlede Donderdag in die sorg van sy pa toe hy spoorloos verdwyn het. Die kind se ma het aan die polisie gesê sy het haar slapende seun by sy pa gelos. Sy beweer toe sy die volgende oggend terugkeer, was die kind weg en die pa het ook nie geweet waar hy is nie. Enigiemand met inligting kan vir Milingoni Tshilande kontak by 082 414 9192.