# President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp op Nasionale Kleinsake as wet bekragtig. Dit wysig die Nasionale Kleinsakewet van 1996 om ʼn nuwe instelling, die Kleinsake-ontwikkelings-finansiële Agentskap, te skep. Die president sê die agentskap sal ʼn eenstop-hulpmiddel vir entrepreneurs wees en die ontwikkeling van koöperatiewe bankinstellings bevorder. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya sê die wet maak ook die ombud-dienskantoor vir Kleinsake moontlik wat ʼn billike handelsomgewing vir kleinsake-ondernemings skep:
Kleinsake-ondernemings kry hupstoot met ondertekening van Wysigingswetsontwerp op Nasionale Kleinsake [KLANK]
ENG-MagwenyaOnSmallEnterprisesBill