# Die direkteur van die Landelike en Plaaswerkers-ontwikkelingsorganisasie, Billy Claasen, sê die moord op ‘n 13-jarige seun van Klawer is die grusaamste wat hy nog gesien het. ‘n Ses-en-vyftigjarige man is in hegtenis geneem nadat menslike oorskot Vrydag op sy perseel gevind is terwyl die polisie na die vermiste Jerobejin van Wyk gesoek het. Hy het verlede Woensdag vermis geraak nadat hy na bewering vrugte in die verdagte se tuin gesteel het. Claasen sê hulle gaan buite die hof betoog en wil nie hê die man moet op borgtog vrygelaat word nie.