Skip to content

Klagskrifkomitee teleurgesteld oor Tshwane se nie-deelname aan diensleweringsverhoor

# Die Gautengse staande komitee vir Klagskrifte kritiseer die Stad Tshwane vir sy versuim om verslag te doen oor klagskrifte wat veronderstel was om vanoggend tydens ‘n openbare verhoor aangehoor te word. Dit hou verband met verskeie diensleweringskwessies. Van die tien klagskrifte van gebiede soos Mamelodi, Eersterust, Rayton, Kameeldrift en Ekangala, sou agt vanoggend hanteer word. Die voorsitter van die komitee, Ezra Letsoalo, is teleurgesteld en sê die stad se gebrek aan optrede ondermyn die wetgewer se mandaat van openbare deelname en toesig. Letsoalo sê dié vertraging benadeel die moontlike oplossing van kritieke klagskrifte oor dienslewering.