# Sokker: Die wedloop op die titel in die Premierliga het nou nog verder in die guns van die kampioene, Mamelodi Sundowns, geswaai ná drie inhaalwedstryde Woensdagaand. Sundowns het hul voorsprong oor Orlando Pirates, wat tweede lê, tot 12 punte vergroot nadat hulle Richardsbaai 3-0 geklop en Pirates 1-0 teen Sekhukhune United verloor het. Sekhukhune se oorwinning het ook hul kanse verbeter om derde op die punteleer te eindig. Die Betway Premierliga gaan dié naweek voort met ‘n volledige ronde wedstryde, insluitend die Soweto-derby tussen Kaizer Chiefs en Orlando Pirates.
Sokker: Wedloop om titel in Sundowns se guns nadat Pirates verloor