Skip to content

Kinderhospitaal-trust vier 30 jaar se lewensveranderende gesondheidsorg

# Die Kinderhospitaal-trust vier 30 jaar se lewensveranderende gesondheidsorg vir kinders in die Wes-Kaap. Sedert sy stigting in 1994 het die trust meer as ʼn miljard-rand in projekte belê. Dit sluit hipermoderne fasiliteite by hospitale soos die Rooikruis Oorlogsgedenkhospitaal en Tygerberg in, asook die opleiding van gesondheidswerkers reg oor Afrika. Die trust sê met die ondersteuning van vrygewige skenkers het hy die afgelope drie dekades meer as vyf-en-’n-half-miljoen kinders gehelp.