Skip to content

Kiev aangeval terwyl Oekraïnse troepe Rusland se Kursk-gebied binnedring

# Die burgemeester van Kiev, Vitali Klitschko, sê Rusland het vroeg vanoggend aanvalle op die Oekraïne se hoofstad geloods, met lugverdedigingstelsels wat van die aanvalle afgeweer het. Nooddienste sê ‘n man en sy vierjarige dogter is dood en verskeie mense is gewond. Vroeër het Rusland meer as 76-duisend mense uit sy Koersk-streek ontruim namate die Oekraïne se inval in sy grondgebied verdiep. Duisende Oekraïense troepe is na bewering so ver as 20-kilometer binne Kursk in die grootste aanval op Russiese soewereine grondgebied sedert die begin van die oorlog in 2022.