Skip to content

Kersdag-babas: Meer as 200 babas in die Wes-Kaap verwelkom

# Die Wes-Kaapse Gesondheidsdepartement het Dinsdag aangekondig 231 babas is op Kersdag by openbare gesondheidsgeriewe in die provinsie gebore. Dit sluit 111 seuns en 120 dogters in, asook twee stelle tweelinge. Volgens die nasionale Gesondheidsdepartement is daar landwyd teen die middel van Kersdag meer as 500 babas gebore. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, het vroeër gesê byna 40-persent van die nuwe aankomelinge is in Gauteng gebore, gevolg deur KwaZulu-Natal.