Skip to content

Kernbedryfsvereniging van Suid-Afrika vra regering om belegging in infrasruktuur vir kernkrag te ontsluit

# Die Kernbedryfsvereniging van Suid-Afrika doen ‘n beroep op die regering om beleggings in infrastruktuur vir kernenergie, asook vaardigheidsontwikkeling, navorsing en innovasie te ontsluit. Dit kom te midde van die verhoogde vraag na lae-koolstofenergie en kritieke minerale. Suid-Afrika wil vyfduisend-megawatt nuwe kernkapasiteit byvoeg in ‘n projek wat in vennootskap met die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie ingestel sal word. Die vereniging sê die projek sal die land as ‘n streeksentrum vir die ontwikkeling van infrastruktuur vir kernkrag op die vasteland van Afrika posisioneer.