# Die Stad Kaapstad sê inwoners in die Sesde Laan-nedersetting in die Kensington-gebied word aan die kragnetwerk gekoppel. Dis deel van die stad se elektrifiseringsprojek om inwoners se lewensomstandighede en veiligheid te verbeter sodat hulle nie meer van oop vlamme afhanklik hoef te wees nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê in areas waar die stad krag voorsien en op grond wat die stad besit, is byna al die ouer plakkerskampe in die metro waar moontlik reeds aan die kragnetwerk verbind:
Kensington-huishoudings word aan kragnetwerk gekoppel [KLANK]