# Verlede jaar se eiendomsmark is gekenmerk deur bestaande eienaars wat tot die mark teruggekeer het in teenstelling met 2020 toe veral eerste kopers die mark oorheers het. Die terugkeer van bestaande kopers kan volgens die bestuurshoof van die Rawson-eiendomsgroep, Tony Clarke, vanjaar groter momentum kry. Statistieke van die groep wys ook die jaar-tot-jaar styging in gemiddelde eiendomspryse van 2020 tot verlede jaar was twee persent hoër. Clarke sê huiseienaars knap nou eerder hul huise op omdat hulle meer tyd tuis deurbring.