# Suid-Afrika het reeds meer as 95-miljoen rand bestee aan sy volksmoordsaak teen Israel in die Internasionale Geregshof, en ‘n internasionale regskenner waarsku die land sal mooi moet dink wat hy volgende jaar daarmee wil bereik. ‘n Dosent aan die Universiteit Stellenbosch, Michele Olivier, sê die regering het ‘n interne benadering aangeneem met die gebruik van regstappe om wat in werklikheid ‘n politieke geskil is op te los. Sy glo nie die hof sal ten gunste van volksmoord beslis nie, hoewel daar besliste voorbeelde van oorlogsmisdade aan albei kante is.
Kenner sê SA moet versigtig oorweeg wat hy wil bereik met volksmoordsaak teen Israel