Skip to content

Keniaanse president sluit vier opposisiepolitici in by hervormde kabinet

# Die president van Kenia, William Ruto, het vier swaargewig opposisiepolitici aangewys om deel te wees van ʼn breёbasis-kabinet, in die nadraai van teen-regeringsbetogings wat langer as ‘n maand geduur het. Ruto het die name van tien ministers bekendgemaak wat deel sal wees van ‘n hervormde kabinet, insluitend vier wat baie na is aan die veteraan-opposisieleier, Raila Odinga. Die beleërde president het vroeër die maand bykans sy hele kabinet afgedank.