# Die Keniaanse Nasionale Kamer van Koophandel en Nywerheid en die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, het ‘n sakeforumvergadering in Tshwane aangebied. Die Keniaanse voorsitter, Richard Ngatia, sê die doel is om die belangrike rol te beklemtoon wat die twee kamers speel in die bevordering van handel tussen Kenia en Suid-Afrika. Ngatia waarborg die kamer se ondersteuning aan sy 47-duisend lede met die verkryging van toegang tot inligting oor beskikbare geleenthede in Suid-Afrika. Hy het ook Suid-Afrikaanse beleggers genooi om te belê in sy land se spesiale ekonomiese sones.