# Die president van Kenia William Ruto het erkenning gekry op Time Magazine se Time 100 Climate-ranglys as een van die wêreld se 100 mees invloedryke leiers met globale klimaat-optrede. Die eerbewys volg op Ruto se onlangse inisiatief om ‘n nasionale boomplant-vakansiedag te verklaar, waarop 100-miljoen bome geplant is. Die poging stem ooreen met sy breër ambisie om binne tien jaar 15-miljard bome te plant. Ruto se erkenning kom nadat die Wêreldbank gemaan het Kenia se ekonomiese uitset kan teen 2050 met 7,25-persent afneem as die land nie die klimaatuitdaging pak nie.
Kenia se president Ruto haal Time Magazine se gesogte klimaatleierslys