# Die Klerksdorp-streekhof in Noordwes het ‘n 53-jarige man wat hom as mediese dokter voorgedoen het, skuldig bevind en tot 12 maande gevangenisstraf gevonnis vir bedrog en die oortreding van die Wet op Gesondheidsberoepe. ‘n Woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale, sê Johannes Christiaan van Belkum het sonder kwalifikasies in Klerksdorp gepraktiseer. Mogale sê hy was ook nie by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika geregistreer was nie:
Speel klankgreep: ENGKatlegoMogale