# Die polisie in Australië stel ondersoek in nadat ‘n standbeeld van kaptein James Cook met rooi verf bedek en beskadig is, net voor die Australiëdag-naweek. Australië-dag is ‘n nasionale vakansiedag wat elke jaar op die 26ste Januarie gevier word ter herdenking van Brittanje se eerste vloot wat in 1788 by Sydney Cove aangekom het. Dit is egter ‘n omstrede vakansiedag vir sekere gemeenskappe wat dit beskou as ‘n herinnering aan die onteiening en ontworteling van hulle mense. Die dag beteken egter vir ander ‘n dag van nasiebou en prestasie.
Kaptein Cook-standbeeld opsetlik beskadig voor Australië-dag