Skip to content

Kanselier van Maties gevra om kwetsende uitlatings oor Wilgenhof-paneel terug te trek

# Die kanselier van die Universiteit Stellenbosch, regter Edwin Cameron, is gevra om sy kwetsende stellings oor die paneel wat die Wilgenhof-koshuis ondersoek het, terug te trek. Cameron beweer in ‘n beëdigde verklaring die paneel se finale verslag, wat aanbeveel het dat Wilgenhof gesluit word, is gewysig voordat dit by die raad ingedien is. Die koshuis het vroeër vanjaar opslae gemaak, ná ‘n onthulling oor beweerde onmenslike ontgroening en tugoptredes. Die paneelhoof, advokaat Nick de Jager, sê hulle het die verslag gewysig weens die oënskynlike onduidelikheid van hul aanbevelings.