# Kanovaart: Die ervare Deense marathon-roeier, Søren Maretti, keer terug saam met die jong Suid-Afrikaanse ster, Hamish Lovemore, in volgende maand se wedvaart in KwaZulu-Natal. Maretti en Emil Kramer moes in 2020 na twee dae onttrek toe Kramer siek geword het. Die organiseerders sê Maretti is die huidige Deense senior K2-kampioen en het goed gevaar in die onlangse Visrivier-marathon toe hy saam met Alex Masina deelgeneem het. Maretti sê dis moeilik om in die Deense winter vir die Dusi voor te berei, maar hy weet wat om te verwag.