# Kanovaart: Volgende jaar se Dusi-marathon in KwaZulu-Natal keer terug na die oorspronklike wegspringplek by Camps Drift in Pietermaritzburg, maar gebeurlikheidsplanne is beraam in die geval van swak watergehalte. Die organiseerders sê ondanks die uitdagings sal hulle roeiers steeds die kans kan bied om aan die gewilde wedvaart deel te neem. Hulle sê die Dusi sal altyd die mees ikoniese wedvaart in Suid-Afrika bly, en beloof om sy erfenis vol te hou. Dit vind plaas van 20 tot 22 Februarie.
Kanovaart: 2025-Dusi keer terug na oorspronklike wegspringplek by Camps Drift