Skip to content

Kankerpasiënte en -aktiviste ruk op om toekenning van behandelingsfondse in Gauteng te eis

# Kankerpasiënte en -aktiviste sal vandag na die Gautengse Departement van Gesondheid in Johannesburg opruk. Die groep eis die aanwending van die toegekende 784-miljoen-rand vir kankerbehandeling om die agterstand, wat meer as drie-duisend pasiënte raak, reg te stel. Befondsing is sedert Maart 2023 beskikbaar, maar pasiënte ly steeds en van hulle sterf terwyl hulle wag. Dringende optrede word geëis, insluitend die uitkontraktering van dienste en ‘n opdatering oor die vordering met tenders. Die krisis, wat in 2020 Begin het, beklemtoon ernstige toerusting en personeeltekorte, veral by die Charlotte Maxeke Johannesburgse Akademiese Hospitaal.