# Kanada se eerste minister, Justin Trudeau, sê vir eers sal die weermag nie gebruik word om die week lange protesaksie teen verpligte inentings in Ottawa te beëindig nie. Dit volg op die polisiehoof van Ottawa, Peter Sloly, se uitlating dat die polisie dalk nie ‘n oplossing vir die protesoptrede het nie en dat hy en ander bevelvoerders alle moontlikhede oorweeg, ook militêre ingryping. Trudeau sê mens moet baie versigtig wees om in situasies waar Kanadese betrokke is, die weermag te ontplooi:
Speel klankgreep: ENG TrudeauOnArmy