Skip to content

Kanada se eerste minister bekommerd oor toename in anti-Semitisme en Islamofobie

# Die Kanadese eerste minister Justin Trudeau sê die huidige toename in anti-Semitisme en Islamofobie in die land is afskuwelik, kommerwekkend en onaanvaarbaar. Skote is onlangs by twee Joodse skole in Montreal afgevuur en botsings het tussen pro-Israeliese en pro-Palestynse studente by ’n universiteit in die stad uitgebreek. Die polisie in Montreal sê sedert verlede maand se Hamas-aanval op Israel, waarin duisend-400 mense dood is, is 73 haatmisdade en haatvoorvalle teen die Joodse gemeenskap en 17 teen die Arabies-Moslem-gemeenskap gerapporteer. Trudeau sê haat het geen plek in Kanada nie.