# Die bergreddingspan Wilderness Search and Rescue is met behulp van ‘n helikopter van die Departement van Gesondheid besig om ‘n liggaam van Tafelberg te verwyder. Die man het gistermiddag verdwyn. ‘n Woordvoerder, Johan Marais, sê die helikopterspan probeer sedert sonop die liggaam van die Yellowstone-ravyn naby die Plattekloof-ravyn lig. Hy sê hy kan nie kommentaar lewer oor die omstandighede rondom die man se dood nie, aangesien die polisie nog die voorval ondersoek. Die polisie is op die toneel.