Skip to content

Kaapstadse hawe beplan om een van voorste hawens ter wêreld te word

# Kaapstad se hawebestuurder, Rajesh Dana, sê hulle beplan om hulle regmatige plek in te neem as een van die wêreld se voorste hawens. Hulle lei pogings om met alle rolspelers saam te werk om produktiwiteit te verbeter en agterstande uit te wis. Die hawe is op een van die wêreld se besigste handelsroetes en Dana sê dit sal altyd, net vir daardie rede alleen, strategiese en ekonomiese belangrikheid behou. Hy voeg by die beplande ontwikkeling van die Culemborg-gebied langs die hawe staan op die punt om alles te verander wat die verhoging van vermoë betref.