Skip to content

Kaapstadse familie bied beloning aan vir terugvind van kleuter se geliefde teddiebeer

# ‘n Familie van Kaapstad bied ‘n belong van 200-rand aan vir die terugvind van hulle dogtertjie se gunsteling speelding. Die driejarige Ziyah Jacobs het haar geliefde pers teddiebeer verloor tydens die stad se tradisionele Tweede Nuwejaarfees, en sy is van toe af ontroosbaar. Haar ouma, Juleiga Rorich, sê die kleuter het die speelding behandel soos ‘n lewende wese. Hulle het dit in Strandstraat verloor tydens die geroesemoes van die fees, en ‘n uitgebreide soektog het niks opgelewer nie. Rorich pleit by mense om te help om die beertjie en Ziyah te herenig.