# Kaapstad het ‘n nuwe pompstasie-beheerkamer bekendgestel om water en sanitasie-infrastruktuur in reële tyd waar te neem. Die burgemeester Geordin Hill-Lewis het die belegging van 7,4-miljoen-rand aangekondig, wat 401 rioolpompstasies, 58 waterpompstasies en 60 reservoirs monitor. Hill-Lewis sê die stelsel maak vinnige reaksie moontlik, wat die uitwerking van riool- en water-oorvloei op gemeenskappe verminder. Die stelsel is deel van ‘n breër belegging van 16,5-miljard-rand oor drie jaar in water- en sanitasie-infrastruktuur.
Kaapstad stuur digitale stelsel van stapel vir monitering van water en sanitasie