Skip to content

Kaapstad skep sedert 2019/2020 meer as 14 000 werke in openbarewerke-program

# Die Stad Kaapstad sê sedert die 2019/2020-boekjaar het 14-duisend-547 werklose inwoners ʼn inkomste verdien. Dit is deur korttermyn-werksgeleenthede in die stad se Omgewingsbestuurs-departement deur die Uitgebreide Openbarewerke-program. Die stad sê hy het 32-miljoen-rand in hierdie werksgeleenthede belê. Die onderburgemeester, Eddie Andrews, sê die werkers word byvoorbeeld ingespan om indringerspesies uit natuurreservate te verwyder en seker te maak vaste afval word uit vleilande geneem.