# Die jongste kwartaallikse indiensnemingsopname van Statistieke Suid-Afrika vir die derde kwartaal toon Kaapstad het die afgelope jaar 205-duisend nuwe werksgeleenthede geskep wat meer is as al die ander metro’s saam. Dié metro se werkloosheidsyfer het op ʼn jaar-tot-jaar-basis met 3,8-persent gedaal. Burgemeester Geordin Hill-Lewis sê Kaapstad se ekonomie toon veerkragtigheid met indiensnemingsvlakke wat die afgelope drie kwartale bo voor-Covid-vlakke is:
Kaapstad se werkloosheidsyfer daal op jaar-tot-jaar-basis met 38% [KLANK]