# Die Stad Kaapstad se nuutaangestelde burgemeesterskomitee sê hulle is verbind daartoe om armoede uit te roei, dienslewering te verbeter en te belê in gemeenskapsveiligheid. Malusi Booi behou sy posisie in die Menslike Nedersettings-portefeulje en Theresa Uys is aangestel as burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe Dienste. Die nuwe lid, Beverley van Reenen, belas met Energie, sê die beëindiging van kragonderbrekings in Kaapstad sal voorop gestel word. Patricia van der Ross is as lid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid aangestel. Die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het sy burgemeesterskomitee gister bekend gemaak.