# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het Palestynse ondersteuners veroordeel wat gister met die polisie slaags geraak het tydens ‘n teen-protesoptog teen Israliese ondersteuners in Seepunt. Beeldmateriaal van die chaos wat op sosiale media die ronde doen toon ‘n swaar polisieteenwoordigheid met skokgewere en waterkanonne om die skare uit een te jaag. Sewe mense is aangekeer en staar aanklagte van openbare geweld in die gesig. Hill-Lewis sê die protesoptrede in Kaapstad oor die Israel-Palestynse konflik was oorwegend vreedsaam met ‘n paar uitsonderings:
Kaapstad se burgemeester veroordeel ontwrigting van pro-Israeliese betoging [KLANK]