# Die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis, sal vandag die Stad se 2025/26 “Belegging in Hoop” begroting ter tafel lê. Dit sluit ‘n rekordinfrastruktuurbelegging van 39,7-miljard-rand in. Volgens Hill-Lewis prioritiseer die begroting laer-inkomste huishoudings met tariefverligting, verminderde elektrisiteitsverhogings, en ‘n nuwe water- en sanitasie-heffingstruktuur. Meer as 500 nuwe metro-polisiemanne sal ontplooi word, terwyl eiendomsbelasting die laagste bly onder al die metros. Finansiering vir afvaldienste sal ook aangepas word vir volhoubaarheid. Die burgemeester sê die begroting is daarop gemik om Kaapstad ‘n “Stad van Hoop” te maak.
Kaapstad se burgemeester hoop die jaar se begroting sal Kaapstad “‘n Stad van Hoop” maak